Vuur en Flam

Ek onthou dit soos gister. Ek sit ek in my kar en huil. Daar is ‘n krisis om te hanteer en die trane stroom oor my wange terwyl ek vir die volgende stel instruksies wag. “Dis okay,” troos ek myself. Volgende keer vaar ek beter.

Dit is vier jaar se ervaringe, se gryshare en troebelwaters later. Tog vang ek myself gisteraand weer waar ek my ouers 03h00 die oggend wakker bel. Soos ‘n kind wat in middernagtelike ure in hul ouers se bed gaan inkruip, soek ek beskutting van die besluite wat ek moet neem. Van die realiteit wat bedreigend te voorskyn kom. Die skaamte…

Ek kyk na my boeke en ek wens hulle was spieëls. Ek wens die helde en heldinne het meer soos ek gelyk. Of eerder ek soos hulle. Het ek die moed om die ring te vernietig soos Frodo? Myself te laat sterf soos Harry? My ydelheid te laat afknip soos Jo March? My drome opsy te sit ter wille van ander soos Anne Shirley? My kop hoog te hou soos Anne Frank? My klere uit te trek soos Racheltjie de Beer? My trane te sluk soos Gezina se ma voor n brandende huis? Aan te hou roei soos Pi Patel?

Ek is nie daardie tipe sterk nie. My trane sit vlak, my emosies soos ‘n veer in die wind. My gemoed, ‘n wipplank.

Brené Brown beweer weerloosheid is okay, selfs goed. Die Bybel sê as ek swak is, is ek sterk. Tog steek dit bietjie as iemand naby my saamstem dat ek nie n heks soos Tiffany Aking is nie. Tiffany Aking (in I shall wear midnight) wat in haar dorp alles doen wat niemand anders kans sien om te doen nie, maar wat gedoen moet word. Sy doen dit so goed. So sterk. So sonder trane. Sy hardloop in die vuur in. En die vuur brand haar nie.

Miskien is dit hoekom ons helde en heldinne in boeke nodig het. Miskien wil ons juis glo dat daar mense is wat kan doen wat meeste van ons nie kan nie. Mense wat sterker is as ons. Want dan voel ons minder swak. Nietemin het hierdie helde en heldinne my al gevorm om tog die vuur aan te durf. Al lek die vuurtonge my. Al los dit letsels.

Oor vier jaar probeer ons weer…

One thought on “Vuur en Flam

  1. Jy is enige tyd welkom om te bel. Dit is ook iets goed om te doen aan n ouer se hart. Goed om nog n rol te he^ of om te voel of ek nog n rol het.
    Dis nie altyd huil of skuil by iemand nie. Dis net deel. Dis n komiment om ingesluit te word. Waardig geag te word om in jou broos te deel. As dit jou ook help, is dit n bonus

    Like

Leave a Reply to Dolf Steyn Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: